GK Pinetown
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Wat doen ons
  • Kontak ons
  • Preke
  • Are you English?
    • Who we are
    • What we believe and teach
    • What we do
    • Contact us

GK Pinetown is betrokke by die volgende:

GOeie-Nuus Gesprekke

Ons gesels oor geloof, lewe en waarheid. Dis elke eerste en derde sondagmiddag van die maand en begin om 16:30.

Vir meer inligting, kontak Andries Burger op 079 875 4153

Abafundi

Abafundi beteken 'dissipel' in isiZulu. Dit is 'n afstandsleer studiegroep van die Mukhanyo Theological College wat twee keer per week by Pinetown bymekaarkom. Daar is vier Gereformeerde gemeentes wat saamwerk aan hierdie inisiatief, naamlik Durban-Noord, Imbumbulu/Umlazi , Kwa-Mashu en Pinetown. 

Vanaf 2020 kan BTH in Teologie ook by Muhanyo studeer word.

Vir meer inligting, kontak Lydia van Rensburg op 082 873 4265 of 031 709 3339
Picture

ISI ZULU Bybelverspreiding

Die GKSA gemeentes van KwaZulu-Natal Suid span saam om 570 isiZulu Bybels te versprei in 2020.

Klassis KwaZuluNatal-Suid het op 3 Sept 2019 besluit om die vrystelling van die nuwe isiZulu Bybel vertaling in 2020 te gebruik as ‘n geleentheid vir onderlinge liefde, evangelisasie en uitreik na die groter Zulu gemeenstskap in KwaZulu-Natal.

Hoekom?
Die 2020 isiZulu Bybelvertaling onder leiding van die Bybelgenootskap van SA beloof om baie meer verstaanbaar te wees vir hedendaagse Zulu-sprekendes. Dit kan die wonders van God se Woord met nuwe entoesiasme vir die gemeenskap oopsluit. 
Hierdie fondsinsamelingsprojek en die verspreiding van die Bybels, loop hand aan hand met die Bybelgenootskap se doelwit om twee miljoen Bybels in 2020 te versprei, as deel van hulle 200 jaar herdenking.
​
Wat gebeur met die Bybels?
Elke Zulu-sprekende Gereformeerde gemeente (ses) gaan 50 Bybels ontvang met die doel om helfte van die Bybels te hou vir eie gebruik, en die ander helfte in hulle gemeenskap uit te deel.

Elke Zulu-sprekende Mukhanyo/DOCENDA teologiese student en oud-student in Suid KwaZulu-Natal gaan drie Bybels ontvang. Een Bybel vir persoonlike gebruik en twee om in hulle gemeenskappe uit te deel.  
Ons glo dat die uitdeel van Bybels in gemeenskappe sal lei tot groei in verhoudings en uitreike na ander in hulle gemeenskappe. 

Hoeveel geld moet ingesamel word?
Die minimum doelwit is R50 000 teen 30 Mei 2020. As ons meet insamel, deel ons meer Bybels uit!
Wat kan jy doen?
Julle gemeente of individue word versoek om fondse in te samel sodat die wat baie het baie gee, en wie min het min gee.  Neem julle eie inisiatief. 
Betaal die geld met “Zulu Bybel” as verwysing asseblief in by die Klassis se rekening: Bank: Nedbank Amanzimtoti; Tak kode:  130 627; Cheque Rek nr: 130 608 2161; Rek Naam: Klassis Natal Suid
Vir meer inligting oor die projek, kontak Andries Burger by andries@resolvekzn.co.za
Vir inligting oor die bankrekening kontak Alfred Meijer by alfredmeijer1@gmail.com

Voortrekker str, 1
Ashley Pinetown
Durban
3610

Ondersteun deur:
Picture