Besoek die regering se amptelike Covid-19-webwerf om op hoogte te bly. www.sacoronavirus.co.za
Ons nooi jou uit om saam gemeente van Christus, ons Redder en Koning, te wees. Ons probeer om die liefde en genade van Christus onder mekaar te beleef, en dit ook in ons gemeenskap ten toon te stel.
Ons is 'n kleinerige gemeente met 'n gesinsvriendelike Afrikaanse aanslag in die groter Durban. Daar is heelwat jong gesinne met kinders, sowel as ouer mense wat hul tuiste hier vind. Kontak ons gerus indien jy enige verdere vrae of kommentaar het oor geloof, gemeente of kerk wees.
|
Wanneer kom ons bymekaar:Sondae om 9:00
Ons kom ook op ander geleenthede bymekaar in kleiner geloofsfamilies. Waar kom ons bymekaar:Voortrekker str 1
Pinetown Kaart Eredienste word intyds uitgesaai op die gemeente se FaceBook bladsy (https://www.facebook.com/GkPinetown). Opnames van vorige preke bly beskikbaar op facebook en ook op die "Preke"bladsy van hierdie web blad. |